Die voormalige president, Nelson Mandela, is uit die hospitaal ontslaan en terug by die huis.
Die presidensie het dit Sondagmiddag bevestig en gesê “hy is gesond soos voorheen”. Maroela Media het vroeër berig Mandela is Saterdag weer in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem. Volgens die presidensie is Madiba opgeneem vir roetine- mediese ondersoeke.
Mandela het in Desember 18 dae in ʼn Pretoriase hospitaal deurgebring nadat hy van sy huis in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is vir behandeling. Hy is behandel vir ‘n longinfeksie en galstene is ook verwyder.