Madiba uit hospitaal ontslaan

Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela is Saterdag ontslaan nadat hy nege dae in die hospitaal deurgebring het.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, sê Mandela is ontslaan na daar ʼn volgehoue en geleidelike verbetering in sy toestand was. Maharaj sê Mandela sal nou verdere behandeling by die huis ontvang. Hy sê president Jacob Zuma het intussen sy dankbaarheid uitgespreek teenoor alle Suid-Afrikaners en mense van regoor die wêreld vir hulle ondersteuning. Madiba is op 27 Maart in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem vir longontsteking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.