Madiba weer in hospitaal

Nelson Mandela. Foto: GCIS

Voormalige president Nelson Mandela is Woensdagaand weer in ʼn hospitaal opgeneem.

Die presidensie het Donderdag bekendgemaak hy is net voor middernag in ʼn hospitaal opgeneem met ʼn longinfeksie.

“Dokters behandel hom en maak seker dat hy die beste moontlike mediese sorg kry en gemaklik is,” het Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, gesê. Maharaj het versoek dat Madiba se privaatheid respekteer word.

President Jacob Zuma het Madiba ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.