Madiba weer in hospitaal

Mandela. Foto: GCIS

Die voormalige president, Nelson Mandela, is weer in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem.

Volgens die presidensie is Madiba opgeneem vir roetine- mediese ondersoeke.

“Dokters doen roetine-ondersoeke en het sover bekend gemaak daar is geen rede om oor sy gesondheid bekommerd te wees nie,” het Mac Maharaj, die presidensiewoordvoerder, gesê.

Hy sê die ondersoeke is normaal vir mense wat Madiba (94) se ouderdom bereik.

Hy het gesê dit is in dié stadium nie bekend hoe lank Madiba in die hospitaal gaan wees nie en het gevra dat sy privaatheid gerespekteer moet word.

Mandela het in Desember 18 dae in ʼn Pretoriase hospitaal deurgebring nadat hy van sy huis in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is vir behandeling. Hy is behandel vir ‘n longinfeksie en galstene is ook verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.