Madibeng-munisipaliteit onder administrasie

madibengDie premier van Noordwes, Thandi Modise, het Dinsdag aangekondig dat die problematiese Madibeng-munisipaliteit onder die provinsie se administrasie geplaas is.

Die munisipaliteit wat dienste verskaf aan Majakaneng, Mothutlung en Hebron, is Maandag deur die provinsie se uitvoerende raad onder administrasie geplaas.

Die oorskakelingsproses kan tussen ses maande tot ‘n jaar duur.

Volgens Modise was die munisipaliteit onbevoeg en het hy misluk om sy wetgewende verpligtinge na te kom.

Blake Mosley-Lefatola, ‘n voormalige stadsbestuurder van die Tshwane-metro in Pretoria, sal hoof wees van die administrasie. Hy is onder andere aangesê om ondersoek in te stel na die munisipaliteit se geldsake, om dienslewering te verbeter en om arbeidskwessies aan te spreek.

Modise het alle inwoners van Madibeng versoek om geduldig te wees en nie die ingrypingsproses te verhinder nie.
Onluste het onlangs in die omgewing, naby Brits, uitgebreek nadat inwoners betoog het oor waterprobleme. Vier mense is tydens die gewelddadige betogings dood.

Madibeng se burgemeester, Poppy Mangongwa, en twee ander beamptes, Solly Malete die hoofsweep, en Buti Makhongela die speaker, het verlede maand bedank. Geen redes vir hul bedankings is verskaf nie. – SAPA

Lees ook:
R2 miljard vir Noordwes-waterprojekte
Betogers versper Hebron-snelweg
Só lyk die watersituasie in Madibeng en Suid-Afrika
“Ons soek ‘n nuwe regering”
Nog betogings oor dienslewering van Madibeng-munisipaliteit
Boer blameer vir Swartruggens-waterprobleem
Burgemeesterslid by Brits-gedenkdiens aangeval
Watertoevoer in Mothutlung herstel
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister Baloyi glo geskuif om bedrog toegesmeer te hou
AfriForum ontbloot ongerymdhede in Madibeng-verslag
AfriForum eis bedanking van Madibeng-munisipaliteitbestuurder
Madibeng-nagmerrie duur voort; R1 miljard weg – AfriForum
Munisipaliteit vermis twee baie duur pale
Madibeng Munisipaliteit sny krag glo weer onwettig af
Hartbeespoort-munisipaliteit oor vingers getik oor krag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dan ·

Ek ken mense wat in Brits en Hartbeespoort woon, en is goed ingelig oor die verskriklike verval wat in daardie dorpe voorgekom het sedert die nuwe bedeling in werking getree het. Die enigste plek waar daar vooruitgang was, was met die salarisse en byvoordele van die Stadsraad se amptenare. Dit lyk glo soos ‘n Hollywood-saamtrek wanneer die blinkvet amptenare vergader met hul klomp uiters luukse motors. Biljoene rande het hier “weggeraak” en soos die algemene tendens in die NSA is, is niemand ooit vervolg nie. Madibeng-munisipaliteit is ook bekend vir die sowat een honderd en tien “spoke” wat in sy gange rondloop – mense wat aangestel is maar wie nie bestaan nie, en wie se salarisse in die amptenare se sakke beland. Hierdie munisipaliteit was in die onlangse verlede ook onder sogenaamde administrasie. Dit het minder as niks gehelp nie en die soustrein gaan onverpoos voort. Die Administrateur word teen ‘n enorme salaris aangestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.