Madibeng Munisipaliteit sny krag glo weer onwettig af

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan vandag in die dringende hof in Pretoria ʼn hofbevel teen die Madibeng Munisipaliteit aanvra om onregmatige elektrisiteitsafsluitings in Hartbeespoort te herstel.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het op 15 Maart ʼn soortgelyke aansoek aan AfriForum toegestaan toe die Madibeng Munisipaliteit inwoners se krag onregmatig afgesny het. Die munisipaliteit is beveel dat die kragtoevoer herstel moet word omdat die nodige 14 dae kennis nie aan verbruikers gegee is nie.

“Benewens die feit dat die korrekte prosedure nie gevolg is nie, is verbruikers se krag afgesny nadat hulle bewys het dat hulle rekeninge ten volle vereffen is. Dit laat die vermoede ontstaan dat die munisipaliteit besig is om kontantvloeiprobleme te probeer oplos deur heraansluitingsgeld onregmatig in te vorder. Ons wil hê die munisipale bestuurder moet verantwoordelik gehou word,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder vir Noordwes gesê.

Volgens Cameron is daar gerugte dat die Madibeng Munisipaliteit onder administrasie geplaas sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.