Madonna bou 10 laerskole in Malawi

Madonna Foto: Anthony Dixon/WENN.com New York City, USA 2012/01/23

Die popster Madonna het in 2012 tien laerskole in Malawi gebou.

Twee jaar nadat sy van die $15 miljoen akademie vir dogters onttrek het, het sy gesê die projekte van 2012 sal 4 871 kinders in dié land die geleentheid bied om ‘n opvoeding te ontvang. Die projekte is deur haar liefdadigheidsorganisasie, Raising Malawi, en die wêreldwye nie-winsgewende buildOn-maatskappy van stapel gestuur, berig SowetanLIVE.

“Ek is verheug dat my toewyding saam met buildOn om die kinders van Malawi op te voed, nou vrug dra,” het Madonna in ‘n verklaring gesê. “Die feit dat meer as 4 800 kinders in 2013 kan skool toe gaan is ‘n reuse tree vir hul individuele groei en die groei van Malawi.”

Die skole, wat oor 18 maande gebou sou word, is ses maande voor skedule afgehandel. Die liefdadigheidsorganisasie sê ses van die skole is reeds in gebruik en 10 sal in Januarie 2013 gereed wees vir die nuwe skooljaar.

Madonna het in 2006 ‘n kleuter van Malawi, David Banda, onder omstrede omstandighede aangeneem en twee jaar later het sy nog ‘n kind, Mercy James, aangeneem.

Madonna het bouwerk aan die $15 miljoen Raising Malawi-akademie vir dogters in Chinkhota, 15km buite Lilongwe, gestaak nadat bewerings van finansiële wanbestuur aan die lig gekom het.

Madonna tydens die grondbreekseremonie vir die Raising Malawi Academy For Girls op 26 October 2009. Foto: Fame Pictures, Inc – Santa Monica, CA, USA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.