Madonsela kry “hoogs geheime” Nkandla-verslag

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla

Thulas Nxesi, die minister van openbare werke, het Dinsdag die geklassifiseerde Nkandla-verslag aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, oorhandig.

Die ministerie het ook bevestig dat Nxesi die verslag as hoogs vertroulik verklaar het, kragtens die advies van die taakspan wat die verslag opgestel het, berig EWN. Philip Masilio, woordvoerder van die ministerie, het gesê Nxesi en Madonsela het Dinsdagoggend vergader. Hy het dit egter benadruk dat die verslag steeds geklassifiseer is en dat die inhoud nog steeds nie aan die publiek openbaar gemaak sal word nie.

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het Maandag die grondwetlikheid van die besluit om die dokument te klassifiseer bevraagteken. Daar word van die departement van openbare werke verwag om te verklaar waarom die dokument geklassifiseer is.

Nxesi het in 2012 ‘n taakspan van die geregtigheid- en sekuriteitsgroep opdrag gegee om bewerings oor onreëlmatighede in die gebruik van openbare fondse te ondersoek. Die verslag het bepaal dat meer as R200 miljoen aan pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla spandeer is.

Die regering het in Junie besluit om die verslag as hoogs vertroulik te klassifiseer.

Zuma hou vol dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Dit wys net vir ons wat staan in die verslag, as hulle niks het om weg te steek nie, hoekom is dit hoogs geheim? Mens is nie bang om iets te openbaar as daar nie fout is nie, of soos in die geval bedrog, korrupsie en diefstal nie.

Paul ·

Die klein kombersie begin nou werk, as jy die eenkant toe maak is daar ‘n anderkant oop en op die ou end sien ‘n man sy gat!! Hier gaan seker ‘n ding kom wat die hele wêreld kan skok, mits daar nie nog ‘n klein kombersie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.