Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se lewe of pos is glo nie in gevaar nadat sy pres. Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla ondersoek het nie.
“Ek dink nie my lewe is in gevaar nie, ek het geen dreigemente ontvang nie,” het Madonsela Woensdag aan verslaggewers gesê. “Niemand het enigiets gedoen om my af te dank nie. Ek vergewe mense wat soms te vinnig praat en nie die geleentheid het om te lees nie.”
Madonsela het haar voorlopige verslag oor sekuriteitsopgraderings van R206 miljoen by Nkandla in KwaZulu-Natal bespreek. Sy het gesê sy kon nie voorsien dat die saak in die hof sou draai nie.
Die veiligheidsgroepering het verlede week sy dringende interdik, om Madonsela te verhoed om die voorlopige verslag beskikbaar te stel, teruggetrek. Die verslag is op 1 November aan belanghebbendes versprei vir kommentaar.
Nathi Mthethwa, minister van die polisie, het gesê Zuma se veiligheid kan in gedrang wees indien die voorlopige verslag vrygestel word sonder kommentaar deur die staat.
Lees ook:
OB sal reaksie op Nkandla oorweeg
Hou aan met die goeie werk, Lady, jy’s ‘n vrou van staal en skrik nie vir die ANC nie!!
Thuli Madonsela hou vol met jou goeie werk ….. Hoekom sou zumie se lewe in gevaar wees, oor al die verkiesing beloftes wat nie nagekom is nie, wel(llll!) dan moet hy mos rekenskap gee!