“Mag sy die mooiste vioolklanke speel in die hemel…”

Annake de Villiers. Foto: Facebook

Huldeblyke stroom in die vir die bekende violis en die sanger Jannie Moolman se eksvrou, Annake de Villiers.

‘n Polisiewoordvoerder, kapt. Rulene Kuhn, sê De Villers se liggaam is kort na 13:00 Dinsdagmiddag met ‘n skietwond in haar kop in haar pa se plaashuis in Steynsrus in die Vrystaat aangetref. Kuhn sê haar liggaam is in die huis se sitkamer gevind. Sy sê ʼn vuurwapen het langs De Villiers se lyk gelê en daar is geen nota of brief op die toneel gevind nie. Kuhn sê die polisie vermoed geen gemene spel nie en dat ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen sal word. Huldeblyke stroom intussen in vir De Villiers op sosiale netwerke. Moolman het op Twitter geskryf: “Ons harte is seer oor Annake de Villers, ons dink aan haar familie en vriende. Mag sy die mooiste vioolklanke speel in die hemel. Dankie vir al die musiekkonserte, lekker tye, vir jou gaan ons mis….” Die sanger Amanda Strydom het op De Villiers se Facebook-blad geskryf: “Ai, wat ‘n verlies! Hoe hartseer. My hart gaan uit na haar familie.” Die sanger Corlea Botha het op Twitter geskryf: “Wow… So geskok. Liefde en vrede aan Annake de Villiers se familie….” Die sanger Brandon October het gesê: “RIP Annake de Villiers. Ons gaan jou en jou musiek baie mis. Ek hoop jy’t jou vrede gevind.” Margit Meyer-Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, het op Twitter gesê: “Dis so hartseer om te hoor van Annake de Villiers se dood. SA verloor so ‘n begaafde sprankel mensie.”

Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.