Magaung-komplot moes ‘Boerevolk tot aksie oproep’

Die twee verdagtes verlede week in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Johan Prinsloo (met die bril) tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

ʼn Beweerde komplot waarvolgens die ANC-leierskorps tydens die party se Mangaung-konferensie moes vermoor word, het ten doel gehad om die “Boerevolk” tot aksie te roep teen die ANC.

Dit was Maandag die getuienis van ʼn polisie-informant in die hooggeregshof in Bloemfontein. Die informant, wat volgens ʼn hofbevel slegs as mnr. A geïdentifiseer mag word, het getuig dat Martin Keevy, een van die voormalige beskuldigdes, gesê het dat God wil hê hy moet ʼn oorlog begin. “Hy het gesê daar moet ʼn lyn getrek word en dat die ANC nie langer die land kan bestuur nie.” Die getuienis is aangehoor in die verhoor van Johan Prinsloo. Hy word aangekla van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg. Mnr. A het verder getuig dat hy en ander polisiebeamptes, wat deel was van ʼn geheime operasie, Prinsloo en die ander beweerde samesweerders in Desember 2012 vir die eerste keer by ʼn hotel in Ficksburg ontmoet het. Die polisiebeamptes het hulle as voormalige weermagbeamptes voorgedoen wat die beskuldigdes sou help om wapens te bekom. Die wapens sou glo van Lesotho af kom maar het nooit in Suid-Afrika aangekom nie weens die Caledon-rivier wat te sterk gevloei het. Tydens ʼn opvolgvergadering is daar glo gesê dat die beskuldigdes se wapenverskaffer “Petrus” weereens nie die wapens kon aflewer nie aangesien hy nie die Caledon-rivier kon oorsteek nie. Mnr. A sê die beskuldigdes het die aand van die opvolgvergadering alles probeer om wapens te bekom. Die verhoor duur voort.

Mark Trollip (48), een van Prinsloo se medebeskuldigdes, het in November ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy skuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Trollip en Prinsloo se medebeskuldigde Martin Keevy is vroeër ongeskik verklaar om verhoor te word. Die vierde beskuldigde, Hein Boonzaaier (50), is vroeër van alle aanklagte teen hom vrygespreek. Die vier mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor met ʼn bomontploffing.

Lees ook:
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.