Maharaj lê klagtes teen koerant, verslaggewers

Die foto van die Mail & Guardian se voorblad is deur die koerant se redakteur, Nic Dawes, op Twitter geplaas.

Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, se regsverteenwoordigers het Saterdag klagtes aanhangig gemaak teen die Mail & Guardian en twee van sy verslaggewers.

Maharaj sê in ʼn verklaring dat klagtes aanhangig gemaak is teen Sam Sole, Stefaans Brummer en die Mail & Guardian vir die oortreding van die bepalings van artikel 41 (6) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag van 1998. Maharaj het ook die polisie gevra om ʼn ondersoek te doen om te kyk of enige rekords van die nasionale vervolgingsgesag gesteel is. Maharaj het die klagtes aanhangig gemaak nadat die Mail & Guardian Vrydag ʼn voorbladberig gedra het oor hom. Op die voorblad het die woorde “gesensor” verskyn met die boodskap “Ons kan nie die volledige berig vir jou wys nie weens ‘n bedreiging van kriminele vervolging.” Die redakteur van die Mail & Gaurdian, Nic Dawes, het op die sosiale netwerk Twitter geskryf dat die koerant nie ʼn artikel oor Maharaj kan publiseer nie weens wetgewing van die nasionale vervolginsgesag (NVG). Die koerant het behalwe vir die woorde “gesensor” op sy voorblad, ʼn artikel in die koerant waar groot swart blokke aangebring is waar die storie gepubliseer sou word. Dawes sê die aanklagte teen die koerant en sy verslaggewers sal nie enige hof staan nie aangesien Maharaj se aanhitsing van regsaksie staatmaak op die koerant se besit in plaas van die openbaarmaking van die inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Penwortel ·

Soms skud ek net my kop en wonder hoe de hel die mense oorleef het op ‘n negatiewe IK, en vandag aan die stuur ook nog sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.