Mahikeng verduidelik Nando’s-onkostes

nandosPontsho Tabane, ʼn burgemeesterskomiteelid van kommunikasie en bemarking van die Mahikeng-munisipaliteit, die DA se bewering dat die munisipaliteit in een maand R132 585 aan Nando’s-kitskos spandeer het, is foutief.

Maroela Media het vroeër berig die DA in Noordwes het inligting bekom wat glo aandui dié uitgawes is tussen 15 Maart en 18 April vanjaar deur die munisipaliteit by die Nando’s kitskosrestaurantgroep aangegaan en dat die munisipaliteit nie dokumentasie vir dié aankope, óf redes daarvoor, verskaf nie. Lees meer hier.

Tabana het aan The Star verduidelik die munisipaliteit het net R45 000 spandeer om vir 2 300 vrywilligers kos te koop vir 10 dae. Volgens die koerant het die ANC beweer dat die “swart mense” van Mahikeng met Nando’s-kos gevoed moes word, nadat die vrywilligers in dié tydperk die dorp gratis skoongemaak het.

“Ons moes 2 300 vrywilligers soek om ons te help om die stad se glorie te herstel,” het Tabane aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eben ·

Pontsho Tabane wees eerlik ou grote …. het jy saam geeet? Nou as daardie vrywillige skoonmakers skoon gemaak het, wat het die gedoen wat veronderstel was om skoon te maak.

Kom ons wees eerlik met mekaar Pontsho Tabane jy lieg waar is die strokies? Onthou teveel Nando’s maak vet en jy sal moet kyk na jouself, lyk nie goed …….

Stoere Boer ·

Waar is skoongemaak. Die plek is nogsteeds so vuil soos altyd

fransie ·

Wat het geword van vrywilligers wat toebroodjies en drinkgoed verskaf – seker dit sou baie goedkoper gewees en en lekkerder – en nog n ekstra werkskepping idee!! Al het die toebroodjiemakers saamgeeet was dit steeds goedkoper as nandos

Ilana ·

As R45 000 spandeer is om 2300 mense vir 10 dae te voer, het die ouens elk nie eers n broodrolletjie gekry nie. 45000/2300= R19.56 per persoon. Gedeel deur 10 dae =R1.96
Weet nie wanneer laas julle by Nando’s was nie, maar R2 of selfs R20 kom nie ver nie. Die man se verskoning maak nie eers sin nie. Lekker 3 etes n dag geniet op die belasting betaler se rekening!

Justi ·

Leuens en nogmaal leuens om die wat hulle so vergryp aan wegneem etes, se gedrag en vraatsigheid probeer verskoon. Eet seker nie tuis genoeg nie!

Henry Oltman ·

Seker maar gaan uitdeel in die agtergeblewe dele, bietjie stemwerwing… wat van die res van die amper R90 000 se kitskos wat geen verduideliking voor gegee word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.