Maja’s reg, ons berekeninge verkeerd sê “navorser”

Die Maja-kalender wat aangedui het dat die aarde op 21 Desember groot rampe sou beleef, was reg – dit was net die wetenskaplikes wat die datum verkeerd met ons eie kalender gekalibreer het.

So beweer ‘n skrywer in ‘n dokument wat in die aanlynpublikasie, Anthro Journal gepubliseer is.
Die skryfster sê die berekenings was amper agt jaar uit – die werklike datum moes 26 Desember 2006 gewees het. Dale King sê die siklusse van die Maja-kalender is altyd van die geboorte van ‘n godheid af bereken, maar die datum 21 Desember 2012 is bereken van die agtjarige ouderdom van “Eerste Vader” toe hy in Palenque aangekom het.
As die kalibrasie na die Gregoriaanse kalender reg aangepas word van die godheid se geboorte, val die datum op 26 Desember 2004 – die dag toe ‘n aardbewing van 9,1 op die magnitudeskaal by Sumatra voorgekom het. Meer as 350 000 mense is in die gevolglike tsunami dood.
Volgens antieke Maja-oorleweringe, sê King, sou daar op daardie dag ‘n verwoestende aardbewing wees. Die aarde se kanteling op sy as sou ook geaffekteer word, wat ook gebeur het.
Maar dit is nie al teenspoed nie. Volgens King sou die aarde ook deur ‘n straal uit die ruimte getref word – en op daardie dag het ‘n kragtige Gamma-straal die sensors op die satelliet Swift buite werking gestel.

King is ‘n voormalige Boeddhistiese non uit die Zen-tradisie wie se beroep as skryfster en kunstenaar aangegee word. Anthro Journal is ‘n oop aanlynpublikasie en kenners is dit eens dat niemand haar bevindinge gaan ernstig opneem nie.

Die volledige artikel kan gelees word by  Maya-Aztec Calendar Myths Ring True

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.