Makoue gesteel

ʼn Aantal makoue is van ʼn plaas in Lichtenburg in Noordwes gesteel waar ʼn patee van hul lewers gemaak word, het die Nasionale Raad van DBVs (NSPCA) Vrydag gesê.

Die makoue was in hokke wat te klein was vir hulle om in op te staan of hul vlerke te strek, het Grace de Lange, senior inspekteur van die NSPCA gesê. Inspekteurs het ook ʼn masjien opgespoor wat die makoue se voedingsinname forseer om hul lewers te vergroot vir die vervaardiging van pâté de foie gras. “Dit is hoe die makoue geleef het en dit sou vir verskeie weke voortgeduur het totdat hulle lewers uiters vergroot was,” het De Lange gesê. “Daar is geen goedhartige manier om pâté de foie gras te vervaardig nie.”

ʼn Verslag oor die toestand van die makoue word opgestel en die DBV sou volgende week kriminele klagte kragtens die Wet op Dierebeskerming teen die boere lê. “Ons doen ʼn beroep op almal – restaurateurs, spyseniers, kokke, die publiek en die media – om asseblief bewus te wees van hoe dié patee vervaardig word en om enige inligting in verband met enige plaaslike of beweerde plaaslike vervaardiging aan die NSPCA te verskaf,” het De Lange gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.