Mala Mala-wildreservaat in grondeis verkoop

Argieffoto

Argieffoto

“Die regsverteenwoordigers van die grondeienaars het uiteindelik ná lang onderhandelings ʼn skikkingsbedrag van R939 360 000, nagenoeg ʼn miljard rand, vir die aankoop van die grond aanvaar,” het pres. Jacob Zuma Donderdag in ʼn toespraak by Bosbokrand in Mpumalanga gesê.

Die CPA het grondeise op 21 eiendomme, wat 63 gedeeltes van nagenoeg 65 000 hektaar insluit, ingestel.

“Ek is dankbaar om kennis te neem dat die bestaande grondeienaars van die Mala Mala-grond die geldigheid van die eis aanvaar het en dat hulle nie enige dispuut verklaar het oor die geldigheid van die eis nie,” het Zuma bygevoeg. “Ons is daarvan bewus dat die oorgrote meerderheid van eisers tans in volslae armoede leef. Daar is ook hoë vlakke van werkloosheid. Die sukses van dié eis bring hoop vir die gemeenskap.”

Zuma het gesê die Mala Mala-eienaars sal die eiendom tot Januarie 2015 teen R700 000 per maand huur en hulle sal betrokke wees by ʼn strategiese vennootskap om vaardighede aan die nuwe begunstigdes oor te dra om die besigheid volhoubaar te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Demokraat ·

Nog ‘n verdere bykans een miljard in sy peetjie. Die grondeisers het nie, en sal ook nie maklik, die vaardighede ontwikkel om die eiendom winsgewend en doeltreffend te bedryf nie. Verdermeer het die eisers ander waardes en beteken meeste van die fasiliteite en infrastruktuur op die eiendom nie veel vir hulle nie. Ongelukkig leer die mense nie uit die lesse nie – eiendom sal algaande waarde verloor totdat daar nie veel meer oorbly nie.

Mias Olivier ·

So breek die einde dan aan, van een van die groot bewaringsgebiede van die Suid-Afrikaanse Laeveld. Wat vir meer as ‘n 100 jaar ook gedien het as ‘n buffer tussen die KNP en die bewoonde gebiede, gaan binnekort ‘n lee vlakte wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.