Malan moet opdok na hy prof. bydam

Abel Malan. Foto: www.volkstaat.net

Abel Malan, ʼn sakeman van Nelspruit, is Dinsdag met R2 000 beboet nadat hy op 13 Julie vanjaar die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk bygedam het.

Malan (48) het in die Stellenbosse streekshof voor landdros Anna Marie Immelman verskyn, wat hom ook beveel het om Van Niekerk skadevergoeding van R2 000 te betaal. Malan is van aanranding aangekla nadat hy, tydens ʼn afspraak met Van Niekerk in sy kantoor op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, die professor bygedam het toe die gesprek versuur het. Malan was glo ongelukkig oor Van Niekerk se artikel “Wittes hét baie skuld” wat vroeër in Beeld verskyn het. Behalwe vir die R2 000 boete en R2 000 skadevergoeding, is Malan ook drie maande tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Malan het die boete betaal en ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Die een wat eerste slaan, is die een wie se idees eerste opgeraak het.

H J Bester ·

Abel Malan is ‘n produk van ‘n tipiese verkrampte Afrikaner-idiologie wat geskoei is op die denke van dekades gelede en wat steeds, veral deur die HNP, verkondig en aangehang word. Hul is byvoorbeeld nog steeds voorstaanders van ‘n blanke-oorheersde Suid-Afrika wat natuurlik ondenkbaar is en wat, in enigiemand se wildste drome, nie verwesenlik kan word nie. Verder is die ondersteuners so geindoktrineer deur hul siening, dat hul eenvoudig niks anders glo nie en aggressief raak wanneer hul oponeer word of nie hul argumente kan staaf nie.

Die HNP is ook die inisiëerders van die VVK wat onlangs ‘n verkiesing gehou het om ‘n Volksraad saam te stel. Ek het nog nêrens kon raaklees met wie die Volksaad Verkiesingskommissie sy saak wil beding nie. Ek is van opinie dat die HNP besef dat hy geen goeie saak het nie en dat die verkiesing slegs ‘n manier was om lede te paai en onder die indruk te bring dat die VVK die HNP se onuitvoerbare ideale kan verwesentlik. Hulle leef eenvoudig in die verlede en in ‘n droomwêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.