Maldives-meisie moet lyfstraf kry ná verkragting

ʼn 15-jarige verkragtingslagoffer moet met 100 houe gegesel word nadat die hof bevind het sy is skuldig aan voorhuwelikse seks.

Hofbeamptes het haar onlangs aan dié daad skuldig bevind, berig BBC News.

Die aanklag is verlede jaar teen die meisie aanhangig gemaak nadat die polisie bewerings ondersoek het dat haar stiefpa haar verkrag en haar babatjie doodgemaak het. Die polisie het die saak ondersoek nadat die babatjie se graf ontdek is. Haar stiefpa moet nog oor dié aanklagte verhoor word. Haar ma word ook aangekla dat sy nie die mishandeling aangemeld het nie.

Staatsaanklaers het gesê haar skuldigbevinding hou nie verband met die verkragtingsaak nie en dat sy glo ‘n vrywillige daad buite die wet gepleeg het. Die meisie is gevonnis tot 100 houe in die openbaar wanneer sy 18 word of selfs vroeër as sy so verkies.

Verskeie mense en organisasies veroordeel die straf. Byna 2 miljoen mense het reeds ʼn aanlyn-petisie geteken om die president van die Maldives te oorreed om die straf te laat vaar.

Amnestie Internasionaal het die straf ook streng veroordeel en gesê dit is wreed, vernederend en onmenslik.

Die Maldives-regering het intussen gesê hulle stem nie met die straf saam nie en gaan aandag daaraan gee dat die wet verander word. Die land se regstelsel het elemente van die Islamitiese wet (Sharia) sowel as Engelse wette.

Bron: BBC News

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gwen ·

Ek is so geskok!! Ons leef nie meer in die middle eeue nie!! Jy kan nooit omdraai en se jy het nie van beter geweet nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.