Malema aangekla ná Botswana-uitlatings

ANC-jeugligaleier, Julius Malema.                                 Foto:

ANc-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC het sy jeugleier, Julius Malema, aangekla nadat hy die party se grondwet oortree het.

Die voorsitter van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, sê Malema is onder meer van wangedrag aangekla na sy uitlatings dat die jeugliga ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering in die land te weeg te bring. Hanekom sê sy komitee sal nou op ʼn tyd, datum en plek vir Malema se verhoor besluit. Malema sal geleentheid kry om homself te verdedig tydens die verhoor. Hy is ook geregtig op verteenwoordiging deur ʼn senior ANC-lid. Die regerende party het woedend reageer op sy jeugliga se verklaring rakende Botswana. Die liga het verlede naweek die verklaring teruggetrek en die ANC om verskoning gevra vir sy leier se uitlatings. Malema is verlede jaar skuldig bevind op ʼn aanklagte wat verband gehou met ʼn aanval wat hy in die media op president Jacob Zuma geloods het. Die ANC het destyds gesê indien Malema weer aan ʼn oortreding skuldig bevind word binne die volgende twee jaar sal hy sy ANC-lidmaatskap verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.