Malema aangekla oor “Makula”-uitlating

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is van crimen injuria aangekla nadat hy die Indiër-gemeenskap glo “Makula” (Koelies) genoem het.

ʼn Polisiewoordvoerder, luit. Joey Jeevan, sê die SA Minority Rights Equality Momvement (Samrem) het Vrydag die klag aanhangig gemaak by die Mountain Rise-polisiestasie in Pietermaritzburg. Die klaers is Soobramoney Narrian, Bob Narainsamy, Ashen Singh, Ashok Singh en Jaiheen Singh. Jeevan sê die saak sal Maandag na die Lenasia-polisiekantoor aangestuur word vir verdere ondersoek, aangesien die voorval glo by ʼn byeenkoms in Johannesburg plaasgevind het. Mense van die Indiër-gemeenskap in Suid-Afrika was verlede maand die josie in toe Malema die Pedi-woord “Makula” gebruik het. Malema het egter teruggekap en gesê dat hy niemand hierdeur wou ontstel nie en dat hy nie weer die woord sal gebruik nie. Malema het glo aan ʼn groep jeugliga-ondersteuners in Lenasia gesê “jul kinders moet toegelaat word om saam met Koelie-kinders skool toe te gaan”. Samrem het vroeër te kenne gegee dat hy ook beplan om die gelykheidshof, die openbare beskermer en die Menseregtekommissie te nader oor Malema se uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.