Malema alweer in warm water

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, die geskorste leier ANC-jeugliga, gaan na verwagting Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op ʼn aanklag van minagting van die hof.

Volgens die Sunday Independent moet hy in die hof verskyn nadat kurators van sy boedel die klag teen hom aanhangig gemaak het omdat hy versuim het om sy bates te verklaar.

Cloete Murray van die Sechaba Trust en Aviwe Ndyamara van die Tshwane Trust Company is in die begin van Maart as kurators van Malema se boedel aangestel. Hulle moes verseker dat Malema al sy bates verklaar ingevolge ‘n hofbevel. Malema het aanvanklik samewerking beloof, maar het nie sy belofte gestand gedoen nie.

Tumo Mokwena, Malema se prokureur, het gesê haar kliënt gaan die klag teëstaan.

As Malema skuldig bevind word, kan hy ‘n boete van tot R500 000, tronkstraf of ‘n opgeskorte vonnis opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Remi ·

JULIUS MALEMA MOES AL LANK TERUG IN DIE TRONK GEWEES HET!!!!!!!!!!!!IEMAND MET BAIE GESAG IN DIE PARLEMENT HOU HOM (MALEMA) UIT DIE TRONK!!!!!!!!!!ME. PATRICIA DE LILL SAL U ASSEBLIEF BIETJIE ROND SNUFFEL EN AGTER DIE WAARHEID KOM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!ONS WAG IN SPANNING!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.