Malema: ‘ANC erger as apartheidsregime’

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê die ANC is erger as die apartheidsregering.

“Ons mense het nie doodgegaan vir ʼn huis wat net drie maande gaan hou nie,” het Malema gesê met verwysings na HOP-huise. Malema het Saterdag die uitlating gemaak tydens ʼn byeenkoms in Lethabong naby Rustenburg in Noordwes. Hy sê swart mense sal nooit grond besit terwyl die land onder ANC-beheer is nie. “Ons struggle is oor grond. Mandela is in hegtenis geneem omdat hy op grond aangedring het.” Malema sê mense moet vir ʼn party stem wat kan dienste lewer. “Moenie vir mense stem wat sing en dans nie. Stem vir beginsels en beleide wat kan dienste lewer.” Malema het sy toespraak afgesluit deur die omstrede “skiet die Boer”-lied te sing maar “skiet” met “soen” te vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wllie ·

Hy moet so aangaan, die anc gaan hom biinekort op n ander manier totsiens SOEN.

Santa Geekie ·

Ek het een vraag, wanneer het Malema sy deuntjie verander, van skiet die boer na soen die boer, en is dit nie net propoganda sodat die witmens vir hom moet stem nie?

H J Bester ·

Malema kan nou maar op die Boere skiet of hulle soen maar sy kanse om die land te regeer is net so min as die van die man in die maan.

Al nut wat Malema tans het is dat hy waarskynlik so bietjie van die stemvee van die ANC sal wegneem en die ANC daardeur tot ‘n mate kan benadeel.

Pheona ·

Moenie Malema onderskat nie! Hou op om hierdie mannetjie af te maak as ‘n grap! Luister wat ek vir julle se. Hy GAAN moeilikheid maak. Of met Zuma of met ons, moeilikheid gaan hy maak en ons moety reg wees daarvoor! Moenie Malema ondeskat nie!

Jasper ·

Hy sal tot n weerluis tot ridder slaan as dit net in sy guns kan tel. Iemand het gesê n half geleerde mens is gevaarliker as n onopgevoede barbaar.

akram ·

In die 70’s to BOB onafhantlik geword het, het talle boere hulle grond verkoop. Hulle kom egter BOB burgerskap kry en sodoende op hulle grond aanbly. baie het verkoop. Ek weet van een Oom wat besluit het om n BOB burger te word. Hy het sy grond behou, en het ook van die regering subsidie gekry. Hy het goed aangegaan. Die ander boere was baie jaloers, veral sy een buurman, regoor hom aan die naderkant van die rivier. hy was in SA en die die ander in BOB. BOB boer se boedery het vooruit gegaan, met staats hulp. Die ander Oom was genoodsaak om op sy eie aan te sukkel.Toe ek hom vra of hy sal verkoop toe se hy nee, as hy die selfde voordele kan kry dan bly hy boer. Ek hoop nie dit kom weer op so n staduim nie. Zim is n goeie voorbeeld. Grond besit is maar n ernstige ding. In SA het soveel van die “opkomende boere” gefaal. Die mense moes dalk eers bietjie meer geleer het van komersieele boerdery en dan besluit het of hulle wil boer. Kyk maar na van die groot komersieel plase wat tee, groente en vrugte verskaf het. Hoeveel van hulle het werlik oorleef?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.