Malema beplan glo nuwe politieke party

Julius Malema

Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, beplan glo om ʼn nuwe politieke party te stig, het die Star Dinsdag berig.

Na wat berig word, konsulteer Malema glo met sy ondersteuners om ʼn beweging te stig wat “die waardigheid van swart mense sal herstel” en die gaping tussen die rykes en armes sal verminder.

Tydens ʼn onderhoud met die koerant het Malema gesê die beoogde “forum” sal veg vir sosiale geregtigheid eerder as om versoening, en sal dit ʼn “aanslag teen wit manlike monopolie-kapitaal” voer.

Die party sal glo ook druk uitoefen vir die onteiening van grond sonder vergoeding, die nasionalisering van myne, en die begunstigdes van apartheid te dwing om berouvol te wees “en op te tree in ‘n wyse wat sê hulle betreur hul optrede”.

Malema het aan die koerant gesê dat korrupsie en die misbruik van publieke fondse hoogty vier, terwyl die skuldiges vrygespreek word deur “mikro-beheerde” ondersoeke.

Hy het besluit dat “radikale militante” in en buite die ANC moet saamkom om ‘n “alternatiewe platform te bespreek”. “Ons moet ʼn manier kry om saam te kom en te besluit wat moet gebeur,” het hy gesê.

“Ons word gemolesteer. Ek weier om terug te sit, dit kan nie so aanhou nie. Ek dink daar sal binnekort een of ander aankondiging wees,” het hy gesê.

Malema het alle opposisiepartye as irrelevant beskryf en bygevoeg dat sy nuwe forum alternatiewe beleide sal voorsien.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

mag hy spoedig die pad loop van n peter mokhaba, vir drek soos hy is daar nie plek in ons land nie. dit is nou hier waar Siener van Rensburg se woorde gaan waar word.

Mike ·

Moenie dom wees nie, ondersteun hom om die hele spul te help uitmekaar skeur. Word jou vyand se se vyand se vriend, dink strategies.

Rodney Scholtz ·

Hierdie is ‘n geestelike oorlog wat makilik kan oorloop in geweldige anargie. Ek dink deur dit te publiseer gee ELEK EEN wat hom bespreek momentum met elke emosionel bellaaide kommentaar meer energie aan hom en sodoende meer krediet as hy verdien. Ek dink as ‘n geheel moet veel eerder tyd en energie investeer waar ons groei wil ervaar. Hierdie ou is ‘n “energy vampire” en gebruik onkundige sensasie honger joenaliste om sy objektief te bereik. Verstaan ‘The nature of science’ in hierdie konteks maats. Hierdie ou se ‘live & let die’ siening staan my nie aan nie. Ek is ‘n ‘live and let live’ persoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.