Malema betaal glo reuse bedrag kontant vir huis

Foto: Werner Beukes/SAPA

Rapport berig dat die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, R2 miljoen kontant betaal het op sy spoghuis in Sandton voordat hy dit laat sloop het. Hy is glo besig om ‘n nuwe peperduur huis te bou.

Volgens ‘n ondersoek deur Rapport se susterkoerant City Press het Malema die huis eers gehuur teen R18 000 per maand en het hy die huurgeld ‘n jaar vooruit betaal. Die vorige eienaar, Ken Hollingsworth, het in ‘n eksklusiewe onderhoud met City Press gesê Malema het ook ‘n kontantdeposito van R360 000 betaal op die huis van R3,6 miljoen. Malema het al verskeie kere gesê hy is arm en dat hy nie ‘n groot salaris van die jeugliga verdien nie. Die nuutste onthullings kom nadat City Press verlede week die bestaan van die Ratang-familietrust onthul het. Die trust word glo vir omkopery gebruik om regeringstenders te beding. Die Openbare Beskermer bekyk twee klagte teen Malema na die bewerings terwyl die Valke ‘n klag van korrupsie ondersoek teen hom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.