Malema boos oor Steve se borg

Malema tydens sy hofverskyning Vrydag. Foto: @MiaWil1/Twitter

Malema tydens sy hofverskyning Vrydag. Foto: @MiaWil1/Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegter (EFF), het op Twitter uitgevaar oor hy R5 000 borg moes betaal nadat hy in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding terwyl die sanger Steve Hofmeyr slegs R500 borg betaal het.

Malema is om 19:25 Donderdagaand op die N1 aangekeer en na die Barrage-polisiestasie geneem, maar later oorgeplaas na die Vanderbijlpark-polisiestasie. Hy is in hegtenis geneem nadat hy teen 215km/h in ʼn 120km/h-sone gery het. Malema is vroeg Vrydagoggend op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy het later die dag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn en die saak is tot 29 Januarie uitgestel. Hofmeyr is ook Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy teen 169km/h in ʼn 120km/h-sone vasgetrek is. Hofmeyr is op borgtog van R500 vrygelaat. Malema het Vrydag op sy Twitter-profiel hieroor uitgevaar: “Afrikaneer male Steve is given a bail of R500 & the black African child Malema is given a bail of R5000 for the same charge in a “free” SA (sic).”

Hofmeyr het vroeër op sy Twitter-profiel geskerts: “Hier is plek vir net een tronkvoël in hierdie tronksel, Julius. Skuif op vetgat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nikita ·

Ja Malema hier het jy met ‘n boer te doen, geweet jy gaan die rassekaart speel sot!,

Alan ·

Née Letitia, jy praat nie vir alle wit Afrikaners nie. Jy praat nie eens vir alle Afrikaners nie. En dit vat nie moed om lelik te praat, of rond te slaap en verskeie kinders by verskeie vroue te he nie, of teen hoe spoed rond te jaag nie- onse President, Julius, en verskeie ander mense sonder moed of verstand of integriteit doen dit gereeld. As jy heldeverering vir iemand wil betoon, kies tog iemand wat dit waardig is!

Elza ·

Black African Child Malema party en die Afrikaner Man Steve party … sien die verskil tussen die twee is die een is n kind en die ander n man.

Shirley ·

Nee “black african child malema”, daar is ‘n verskil van 46 km per uur wat jy vinniger gery het as Steve. Jy het gedink omdat jy eff leier is jy kan en moet wegkom daarmee. Feit bly staan, jy het die wet oortree, dikkes.
Steve, ek is trots op jou. Jy maak nie ‘n moordkuil van jou hart nie. Jy bly my hero!

Gawie Botha ·

Gelukkig dat Steve voor die tyd begin afslek het,anders het hulle hom aangekla vir “Low Flying”,dis die enigste rede hoekom JM hom gewen het met spoed!

Mari ·

Ja, verwys na bogenoemde kommentaar, ñ nasie wat mekaar eerder sal kritiseer as om saam te staan. Ek sak my kop in skaamte. Steve skroom ten minste nie om te veg vir sy volk, taal en kultuur nie.

Vic ·

Hoekom, Mari, wat het jy verkeerd gedoen dat jy jou kop in skaamte last sak? Ek sal sekerlik saam met Steve veg vir my taal, my kultuur en my mense- maar ek assosieer myself beslis nie met sy gebrek aan standaarde of sy minagting vir die wet net omdat ons dieselfde taal praat nie. Hoe op aarde kan julle dieselfde gedrag in ander kritiseer wat julle in julle eie mense goedkeur?

Chris ·

Hoor hoor Vic. Laat sy haar Koop maar in skaamte sak. Sy ondersteun seker die EEF in volgende jaar se verkiesing.

Chris ·

Mari & Victoria

Ons kan nie n Nasie bou met n ou soos Malema nie!

Malema se visie is om blank Afrikaners te vernietig vir eie gewin. Nou dat hy die wet oortree het nou kerm hy oor Steve wat baie minder gery het alhoewel hy ook die wet oortree het.

Julius, vat jou pakslae soos n man.

christelle ·

Oom Steve het 49k/h meer gery as wat hy moes waar oom Malema 95k/h meer gery het as wat hy moes. Ek weet nie van julle nie, my wiskunde se, hoe meer jy oortree, hoe meer sal jy betaal. Ek dink dis ‘n goeie ding om ‘n voorbeeld van hul alby temaak. As dit ek was sal ek alby belet om te praat, sing of opmerkings te maak oor mekaar.

Sonia ·

Shame. Al die negatiewe kommentaar oor Steve en hy is een van ons. ek wonder maar net hoeveel staan nou regtig agter JM? Klink vir my niemand anders het ‘n verlede nie. Die dat dit so lyk in ons land, want al wat mense kan doen is kritiseer. Elkeen kry maar net wat hom toekom so kyk liewer na julself voor jul ou koeie van Steve opgrawe.

Vic ·

Misplaaste lojaliteit Sonia. Steve het n lang geskiedenis van teen die reels lewe, sonder om hom veel aan die gevolge vir ander te steur. Omdat ons dieselfde taal praat mag ons hom nie kritiseer nie? Hy is n volwasse man wat heeltemal instaat is om vir homself te sorg ,sy eie besluite te neem en die gevolge van sy besluite te dra. Dit lyk nie so in ons land omdat almal mekaar kritiseer nie- dit lyk so omdat party mense maak en breek nes hulle wil, en die res van ons moet met die gemors opgeskeep sit.

P.Buizer ·

Was onder die indruk dat daar al dikwels gesê is dat mense wat dronk bestuur onmiddellik in hegtenis geneem gaan word. Ek is nie seker of Julius wel dronk was of gedrink het nie, feit is hulle het albei veels te vinnig gery. Om padsterftes te verminder moet enigiemand wat teen meer as 30 km. bo die toegelate spoed gevang word direk toekie toe gaan, sy rybewys moet afgeneem word en hy moet in aanhouding bly tot ‘n landdros beskikbaar is. Die hofrolle is tot oorlopens vol en sake word vir weke en maande uitgestel, maar vir hierdie borgaansoeke is skynbaar altyd geleenthede om hulle in te ruim.
Die padslagting sal voortgaan tensy skuldiges op die daad aangespreek word en nie weke of maande kans het om bedrieglike verskoning te versin nie.

Jasper ·

Die berig gaan oor Malema se kommentaar op Twitter maar Afrikaners stenig mekaar oor Steve.
Dankie Steff

Peter H Baron van Ginkel ·

Hi Suid afrikaners
Julle moet in Namibia kom leer , hier staan ons almal saam vir reg en verkeerd maak nie saak wie of wat jy is nie , Nam groete

Marie ·

“Afrikaner male….Black African child…” Dis een verskil: kinders kan nie met groot geld rondloop nie – vat dit weg. Nr. 2 Kyk die spoedverskil nr. 3 Malema, jy skuld, boeta, jy skuld…..Huil nou klaar! Wit moordenaars kry hoe borgtog, terwyl swart moordenaars wegkom met maks. R1000….. ens. ens.

Dan ·

Ek sê altyd – in ons land is daar soveel mense wat 1. Nooit stop by stop strate nie….2. op selfone besig is terwyl hul bestuur…..3. meer as 60 gery het in die 60 zone……nie parkeer geld ingooi nie…..Alml ry soos hulle wil en as brandweerman sien ek dit daagliks hier in die strate van Port Elizabeth….weet julle wat is vir my sad – die feit dat ons verkeers afdeling hande gevou staan en net mooi niks aan die saak doen nie – hulle fokus eerder op die mense wat reg bestuur en die land se pad wette gehoorsaam – toe ek destyds my lisensie gekry het was daar REGVERDIGHEID – die een is nie beter as die ander hanteer nie – inteendeel – as jy 65 gery het , het jy oortree en moes jy opdok of die nagevolge dra – so wat ek eintlik wou kwytraak was: ” of ‘n persoon wit, swart, bruin of geel is – God is regverdig so TREAT almal regverdig…..wat as dit nou ek was wat 244 kilo’s gery het – sou ek maar community werk moes doen……soos baie ouens wat ek leer ken het toe ek as brandweerman begin het….van hulle het nie eers so vinnig gery nie…..waar is ons voorbeelde – is dit nie hoekom ons vandag ry soos ons wil nie – waar is die dae dat jy by ‘n voet oorgang stop vir ‘n kind wat oor die pad loop – ry jy ook oor die lig as hy geel flikker – of maak jy soos ons wat brandweerwaens bestuur – sommer so oor die rooi lig – My wens vir ons land: MAG ONS REGTERS STRENGER PAD WETTE INBRING WANT MENSE KOM WEG MET MOORD…..Ek tik dit omdat ek so baie onskuldige slagoffers uit verfrommelde wrakke moet sny met die JAWS OF LIFE…sit omdat mense pleinweg wil jaag en onverantwoordelik is – jou stuurwiel staan nie vir ONVERANTWOORDELIK nie – maar vir ARRIVE ALIVE…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.