Malema-eiendom glo môre onder hamer

Julius Malema

Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, se eiendom sal glo Vrydag op ʼn veiling verkoop word.

Adrian Lackay, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se woordvoerder, het aan The New Age gesê ʼn plaas en ʼn spul beweegbare en onbeweegbare bates wat aan Malema behoort gaan opgeveil word. “Aksie is teen Malema geneem omdat hy R16.1 miljoen aan die SAID skuld. Ek mag nie die waarde van die bates wat opgeveil gaan word bekend maak nie, maar ek mag bevestig dat sy plaas hierby ingesluit is,” het Lackay gesê.

Malema se prokureursfirma, Brian Kahn Prokureurs, het Woensdag aangekondig dat hulle hom nie meer gaan verteenwoordig nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.