Malema einde van die maand verhoor

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die dissiplinêre verhoor van ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die liga se woordvoerder, Floyd Shivambu, sal op 30 en 31 Augustus plaasvind.

Die voorsitter van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, het aan Etv-nuus gesê Malema en Shivambu mag appèl aanteken teen die uitkoms van die verhore. Die regerende party het vroeër bekendgemaak dat Malema en Shivambu verhoor gaan word rakende hulle uitlatings oor Botswana. Die jeugliga het gesê dat hy ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering te weeg te bring. Die ANC het woedend hierop reageer. Die jeugliga het later sy verklaring teruggetrek en om verskoning gevra vir sy uitlatings. Malema is verlede jaar deur die ANC skuldig bevind na hy ʼn aanval in die media op president Jacob Zuma geloods het. Die party het destyds gesê indien Malema binne twee jaar weer aan ʼn oortreding skuldig bevind word, hy sy lidmaatskap sal verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.