Malema en kie in die hof

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die saak teen Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, en sy medebeskuldigdes het Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane voorgekom.

Die saak is tot 23 April 2013 uitgestel. Aanklagte van swendelary is nou ook tot die klagte van geldwassery, wat hy tans in die gesig staar, bygevoeg.

Malema het met ʼn donker pak en rooi das by die hof opgedaag. Die polisie-teenwoordigheid buite die hof was hoog, soos vroeër gewaarsku is. Rolle doringdraad en swaar gewapende polisiebeamptes was by die ingang en omliggende gebiede te sien.

Luide musiek kon ʼn blok ver gehoor word waar Malema-ondersteuners Donderdagaand ʼn nagwaak vir hom gehou het. Malema het na die hofverrigtinge met hulle gaan praat en gesê dat klagtes van swendelary ernstig is en dat hy selfs lewenslange tronkstraf opgelê kan word, maar hy het geen “vlinders in sy maag” oor die saak nie.

Hy het die skare kort daarna in sang en dans gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.