Malema gaan nie “Nkandla-paleis” besoek nie

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal nie Saterdag besoek aflê aan pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla nie.

Malema sal Saterdag ʼn huis, wat die EFF vir ʼn vrou en haar kinders gebou het, oorhandig. Die huis is binne 500 m van Zuma se woning.

“Hy gaan nie die paleis besoek nie,” het Sipho Mbatha, lid van die EFF se “sentrale beheerspan”, gesê. “Ons wil nie hê dinge moet te opwindend raak nie.”

Vusi Khoza, sameroeper vir die EFF in KwaZulu-Natal, het ook gesê Malema gaan nie Zuma se woning besoek nie. Khoza het gesê EFF-personeellede is aangesê dat hulle nie die huis kan bou met hul EFF-klere nie. Die plaaslike hoofman het glo aan die EFF gesê hul werknemers kan die huis bou, solank hulle nie EFF-kleure dra nie. “Ons het hom respekteer, maar ons is elke dag daar. Wanneer die EFF uiteindelik aan bewind is, kan ons dalk Zuma se Nkandla-huis in ʼn opleidingsfasiliteit verander,” het Khoza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henk Venter ·

Sal nutteloos wees om Zuma te besoek. Hy plak in Nelspruit. Vroeer die week gaan kyk waar op MALA MALA hy vir hom ‘n tweede nkandla kan gaan bou net sodat ouens soos malema en die ondersoekbeamptes van die Openbare Beskermer verward kan raak oor waar hy hom bevind as hulle hom graag wil besoek….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.