Malema gebruik trust glo vir eie gewin

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het glo die Ratanang-familietrust vir eie gewin gebruik.

Die Sunday Independent berig dat nagenoeg R6 miljoen wat in die trust gedeponeer is weer uitbetaal is en dat Malema glo die enigste ondertekenaar was. Dit is volgens ʼn forensiese oudit deur die ouditeursfirma PriceWaterhouseCoopers. Volgens die berig is R5,7 miljoen van de geld wat in die trust gedeponeer is deur middel van 166 tjeks uitbetaal. Die verslag is opgestel deur die ouditeur Trevor White namens die Nasionale Tesourie. White meen die Ratanang-familietrust is opgestel deur Malema as ‘n manier om geld te kanaliseer en om die bron van die fondse te verdoesel of te verberg. Malema het glo meer as R380 000 van geld op ontwerpersklere spandeer en sowat R200 000 na sy persoonlike rekening oorgeplaas. Volgens die berig is die Ratanang-familietrust glo opgestel om Malema se seun te baat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.