Malema glo EFF gaan wen

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vol vertroue dat sy party die algemene verkiesing op 7 Mei gaan wen.

“Ons sal oorneem. Ons word deur ons mense en die meerderheid van die jeug ondersteun,” het Malema Sondag buite ʼn kieserregistrasiepunt in Soweto gesê.

Malema sê die EFF is presies waarvoor Suid-Afrikaners gewag het. “Mense het gewag vir ʼn geloofwaardige alternatief wat deur swartmense gelei word, en dit is wat ons is.”

Malema sê hy wil hê sy organisasie moet groei, en dit is waarom dit belangrik is vir mense om te registreer om te stem. Hy het sy dankbaarheid teenoor sy ongeveer 50 000 ondersteuners landswyd uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan Van Heerden ·

Malema gaan die verkiesing wen. Hy het blykbaar die mening gelug aan sy sowat 50 000 ondersteaners. Dit is nie eers 1 % van ons bevolking. Ons moet hom steun sodat hy meer stemme van die ANC se twee derde stemme kan neem

Jasper ·

Die ding kan nie eers “ECONOMICAL” op sy T hemde reg spel nie, maar hy wil n land regeer. Hy kort net goeie oriëntering. Een teen oor, dan is hy teen die teer.

Hennie ·

Malema, ons hou vir jou duim vas! Ek hoop jy kry tenminste die helfte van die A (arrogance) N (neopotism) C (corruption) se stemme!

Marieta ·

Die sogenaamde meerderheid van die jeug, wat onnosel genoeg is om sy liegstories te glo, is seker ook diegene wat net soos hy, te sleg is om fisies te werk vir wat hulle wil he, en net soos in Zimbabwe, met geweld te vat waarvoor ander hulle afgesloof het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.