Malema glo in hospitaal opgeneem

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is glo in ʼn private hospitaal in Polokwane in Limpopo opgeneem, berig RSG.

Malema is veronderstel om Donderdag voor die ANC se dissiplinêre komitee te verskyn. Hy en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Malema het aan die SAUK gesê hy het reeds sy regsverteenwoordigers ingelig dat hy nie more se verrigtinge sal bywoon nie. Daar is vroeër berig dat Malema griepsimptome gehad het toe hy Dinsdag studente by die Universiteit van Limpopo se Turfloop kampus toegespreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.