Malema glo met bottels sjampanje gegooi

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is glo vroeër die maand beseer by ʼn vriend se troue nadat daar glo bottels Franse sjampanje rondgevlieg het.

City Press berig dat ʼn sms na afloop van die troue rondgestuur is. Dit lees: “Malema moered, nursing bruises suffered from last night’s beatings at wedding in Seshego.” Malema het glo snye en kneusplekke aan sy arms opgedoen nadat hy na bewering met peperduur bottels Moët & Chandon-sjampanje gegooi is tydens sy vriend en sakevennoot Collins Foromo se troue. ʼn Gas by die troue sê Malema was ontstoke nadat sy aartsvyand Nigel Baloyi en van sy vriende by die troue opgedaag het. Baloyi is die sekretaris van die ANC-jeugliga in die Peter Mokaba-streek. “Malema het uitsmyters gevra om Baloyi uit te skop. Baloyi het weggeloop en later met nog vriende teruggekeer,” het die gas, wat anoniem wil bly, gesê. Malema het toe glo op die verhoog geklim en geskree: “Ons sien misdadigers hier! Ons sien boewe! Gaan asseblief weg aangesien die ʼn private funksie is. Ons wil nie met jou baklei nie, maar jy is nie genooi nie. Gaan asseblief weg en los ons alleen. As jy ʼn geveg soek sal ons dit vir jou gee. Ons is die produk van straatgevegte.” Baloyi en sy vriende het toe glo die bottels sjampanje na Malema gegooi. Die polisie is glo ontbied en het die vrede herstel. Malema is glo die volgende dag gewaar met verbande aan sy arms.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justine Lombard ·

What desparation, Using a wedding as a platform for political rhetoric.. must have been a real classy affair what with bottles being thrown around & all.. how embarrasing for the bride & groom !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.