“Ons het nog geen bevestiging van die aanklagte ontvang nie. Ek kan wel bevestig dat Malema nie Dinsdag in die hof gaan verskyn nie,” het Nicqui Galaktiou aan Sapa gesê. Volgens Galaktiou sal ‘n persverklaring Dinsdagoggend uitgereik word. City Press het Sondag berig dat die geskorste ANC-jeugligaleier na verwagting Woensdag in die streekshof in Polokwane sal verskyn op klagtes van bedrog en geldwassery.
Die Sunday Times het gesê hy sal saam met vyf ander individue en vier maatskappye in die hof verskyn.
‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is Vrydag uitgereik.
Intussen berig EWN dat opknappingswerk by sy huis in Sandown voortduur, ten spyte van die feit dat hy SARS na bewering sowat R16 miljoen skuld. Malema, wat, sedert sy skorsing, nie meer ‘n salaris van die ANC-jeugliga verdien nie, ontvang tans geen amptelike gereelde inkomste nie. Dit staan SARS nou vry om op sy eiendomme beslag te lê en, as ‘n laaste uitweg, sy bankrekeninge te vries. Malema het, onder andere, die huis in Sandton, en ‘n plaashuis in Polokwane.
Malema hou vol dat hy onskuldig is, en dat die klagtes teen hom polities gemotiveerd is.
Wonder as ek SARS ontduik of ek keuse gegee sou word of ek eers my papierwerk in orde kan kry of sou ek onmiddelik toegesluit word en dan hof toe gaan. Het almal eweveel regte?