Malema glo op pad om hom oor te gee

Julius Malema

ʼn Groep joernaliste, kameramanne en fotograwe drom by die Garsfontein-polisiestasies in Pretoria byeen, waar daar verwag word dat Julius Malema homself binnekort aan die polisie gaan oorgee.

Volgens ʼn bron gaan Malema hom by dié stasie oorhandig.

Adjudant-offisier Marinda Swanepoel, ʼn woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die stasie is bewus van die gerugte en mediabedrywigheid. “Malema het egter nog nie daar opgedaag of laat weet hy gaan daar opdaag nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat Malema in warm water is. Lees meer hier.

Meer inligting volg binnekort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.