Malema-haatspraaksaak: Appèlhof bekragtig skikking

Die historiese skikking wat gister tussen die ANC, AfriForum, TLU SA en Julius Malema in die opspraakwekkende haatspraak-geding bereik is, is vanoggend ’n bevel van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein gemaak.

Die partye tot die veelbesproke geding teen Julius Malema het Woensdag ’n verrassende skikking aan die media bekendgestel waarkragtens die ANC en Malema erken dat die lirieke van sekere “struggle”-liedjies kwetsend is. Die ANC en Malema het ook onderneem om hulle ondersteuners en leiers aan te moedig om hulle te weerhou van die gebruik van lirieke wat as kwetsend ervaar kan word.

Die partye het hulle ook verbind tot volgehoue formele dialoog met die oog op beter begrip vir die onderskeie kulturele erfenisse en aspirasies van kultuurgroepe in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.