Malema hoor Donderdag sy lot

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die uitkoms van die dissiplinêre verhoor van ANC-jeugligaleier Julius Malema en vyf van sy kollegas sal Donderdag aangekondig word.

Die ANC sê Malema en sy medebeskuldigdes sal Donderdag by Luthuli-huis hul lot hoor. Slotbetoë in die saak is tot Sondagaand laat aangehoor. Malema en sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Malema is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy president Jacob Zuma gekritiseer het. Hy kan moontlik uit die party geskors word indien hy weer skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.