Malema hou partytjie in Mauritius ná optog vir ‘ekonomiese vryheid’

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het twee uur na Vrydag se optog vir ‘ekonomiese vryheid, ʼn vlug gehaal Mauritius toe.

Die Sunday Times berig Malema het in ʼn bloulig-konvooi die Uniegebou verlaat na Vrydag se optog waar hy ʼn besigheidsklas-vlug gehaal het na Mauritius vir ʼn vriend se troue. Dit was die troue van die Limpopo eiendomsontwikkelaar, David Mabilu. Volgens berigte het die vlieënier aangekondig dat Malema op die vliegtuig is. Mabilu (42) is Saterdag met Phala Mokgophi (38) getroud voor nagenoeg 300 gaste. Die paartjie het sowat R10 miljoen spandeer op die naweek se troue vir vlugte en akkommodasie vir hulle gaste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

rassehund ·

these so called leaders live like royals,spending money for a life in luxury and deceive there own people, I I wonder how long it takes until the youth of SA realises
which kind of leaders they are following,while living in shads,with no income and no future.

rassehund ·

the fact,that the ANC backs this brainless person as youthleader gives evidence that the party is not any better than what Malema stands for.
that has a very negative impact on the good will of that so called democratic party.
Newspapers,TV-and Radio News here in Europe are puplishing and criticize the behaving of Malema.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.