Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID

Norman Tloubatla. Foto: iAfrica

Die man wat Julius Malema se half-geboude huis in Sandown, Johannesburg, tydens ʼn veiling gekoop het, word vermoedelik ook weens belastingbedrog ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag bevestig dat die bedrogsaak by hom aangemeld is. “Die beweringe sal deur die nodige kanale binne die SAID ondersoek word om te kyk of die saak enige meriete het,” het Adrian Lackay, ʼn woordvoerder van SAID, gesê.

Lackay het gesê die saak is op 22 Augustus onder die SAID se aandag gebring.

Die Sowetan berig dat die koper, Norman Tloubatla, na bewering fakture fabriseer het om belasting te ontduik. Norman het twee maatskappye, Lethlabile Civils en Magnified Designs (wat padtekens vervaardig). Hy het Malema se huis in Mei 2013 vir R5.9 miljoen gekoop.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erich Goosen ·

Die huis se naam sal seker nou van Revolutionary House herdoop word tot Residence of Ali Baba and the 40 Freedom Fighters.

Eben ·

Kyk die ou met die donkerbrille in n vertrek …. WTF!!! Saaaa Vat hom SAID!!!

Trippie ·

Jy’s mhur snaaks !

Ek kan NIE verstaan waarom die darkies daarvan hou om hul darkies in ‘n vertrek op die plat neus te sit nie.

Gerida ·

En so ploeter ons maar voort met die moorde, misdaad, polisie kriminele, bedrog en korrupsie.
Wie stel die voorbeeld – Zuma.
Nog ‘n bietjie slaap..nog ‘n bietjie sluimer terwyl ons mense en land onder gaan!

Willy ·

Hierdie BEE karakters gaan nog op die harde manier leer om nie te speel met die SAID nie. As hulle eers snuf in die neus gekry het los hulle nie.
Lekker, ek hoop hy word sommer goed op geneuk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.