Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop

Die nuwe eienaar van Julius Malema se voormalige spoghuis in Sandown, word deur media gejaag. Foto: Mail & Guardian / Twitter

Julius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, is pas tydens ‘n veiling vir R5.9 miljoen verkoop.

Die voormalige leier van die ANC-jeugliga se spoghuis in Sandown, Johannesburg, is vandag op ʼn veiling verkoop. Bidders Choice, wat die veiling hanteer, het aanvanklik gehoop om die drieverdiepinghuis vir tussen R2,5 en R3 miljoen te verkoop, maar dit is ver oorskry. Die veiling is deel van ʼn hofbevel om Malema se bates te verkoop in ʼn poging om R16 miljoen belastinggeld, wat hy aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) skuld, te verhaal.

Malema het die eiendom in 2009 vir R3,6 miljoen aangeskaf. Hy het destyds die bestaande struktuur afgebreek en begin om sy eie huis met onder andere ʼn bioskoop, sigaarkamer, koffiekroeg, wynkelder, swembad en borrelbad te bou. Daar is ook voorsiening gemaak vir ʼn hysbak, musiekkamer en veiligheidskamer. Die huis het egter geen toebehore, vloerwerk, loodgieterswerk of vensters nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.