Malema in hof oor sekwestrasie

Julius Malema. Foto: Chester Makana / SAPA

Julius Malema. Foto: Chester Makana / SAPA

Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan na verwagting Maandag in die Pretoriase hooggeregshof verskyn oor miljoene rand wat hy aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verskuldig is.

Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen plus rente aan die SAID nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het Malema reeds in 2010 gekontak oor sy versuim om belastingopgawes in te dien en ondanks talle pogings van die SAID, het dit hom steeds 18 maande geneem om sy uitstaande opgawes in te dien.

Malema het ook nie sy Ratanang-familietrust vir belastingdoeleindes by die SAID geregistreer nie, en die SAID moes dit namens hom doen.

Mpho Ramakatsa, die EFF se nasionale koördineerder, het vroeër beweer die SAID se stappe teen Malema word “polities gedryf”.

Die SAID het reeds sommige van Malema se bates en eiendom op veilings verkoop om van die belastinggeld wat Malema skuld, te verhaal. ʼn Onvoltooide huis in Sandton is in Mei 2013 vir R5.9 miljoen verkoop en sy plaas in Limpopo het in Junie 2013 R2.5 miljoen op ʼn veiling gehaal.

Indien Malema voor die algemene verkiesing gesekwestreer word, kan hy, kragtens Artikel 47 (c) van die Grondwet, nie ‘n lid van die parlement word nie, het die Sunday Times berig. -SAPA

Lees ook:
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Malema se Polokwane-huis verkoop
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Malema se plaas verkoop
Malema se plaas ook onder die hamer
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Taksman steeds op Malema se spoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

lololol ek lag my slap. In hierdie land kan jy as jy die nodige pos beklee, bedrog pleeg, steel, en die regering kan miljoene der miljoene mors en n lekker lewe he. Maar behoed jou siel as jy die SAID probeer bedrieg, dis die groot kraan wat die lekker gravy train moet voed. Dit kan hulle nooit toelaat nie, ne??????

Grobbie ·

Nogal interessant dat jy nie lid van die parlement kan word as jy gesekwestreer is nie, maar jy kan selfs president word as jy korrup, ‘n verkragter, moordenaar/terroris ens. ens. is. WOW, wat ‘n “wonderlike” land om in te woon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.