Malema in hof vir aanranding

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, is op waarskuwing vrygelaat nadat hy Donderdag in die hof verskyn het op aanklag van aanranding.

Die Sowetan berig dat Malema Donderdag in die Thabamoopo-landdroshof in Lebowakgomo in Limpopo verskyn het. Malema het Kgotsofalo Mogorwane en Samuel Matome Mafokwane glo Sondag aangerand by ʼn kuierplek. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Malema wou glo die kuierplek verlaat maar sy motor was vasgeparkeer. “Hy het toe glo die twee slagoffers geklap.” Die saak is uitgestel tot 2 Julie. Malema sal later die maand in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Korrupsie, geldwassery en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sampie ·

Groot asb, kom gee my ‘n klap of twee, sal wat wil gee om aan die ontvang kant te wees….Hoop dan net hulle het fotos van jou gevreet gevat, want ek gaan jou permanent verander…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.