President Jacob Zuma sê die ANC en die regering is in beheer van Suid-Afrika en nie die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, nie.
Zuma het die uitspraak Maandagoggend gemaak tydens ʼn sake-ete in Sandton wat deur die New Age dagblad en die SABC georganiseer is. Die ete het ten doel om die president die geleentheid te gee om die land op hoogte te bring van vordering wat Zuma se administrasie gemaak het sedert die staatsrede aan die begin van die jaar. Zuma sê hulle het probeer om Malema te beheer na sy openbare uitlatings en dat die ANC aksie teen hom geneem het aangesien hulle voel dit het buite beheer geraak. Hy het egter daarop gewys dat die ANC nie sy leiers en lede in die bek sal ruk wanneer hulle kwessies opper nie. Malema en vyf van sy kollegas sal later die week weer voor die ANC se dissiplinêre komitee verskyn. Hulle word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.