Malema kan glo tot 15 jaar tronkstraf kry

Malema na hy op borg vrygelaat is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, kan glo tot 15 jaar tronkstraf kry indien hy skuldig bevind word aan geldwassery.

McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, se die aanklag teen Malema moet nie ligtelik opgeneem word nie. “Geldwassery is nie ʼn beuselagtige aanklag nie en kan 15 jaar tronkstraf tot gevolg hê.” Malema het vanoggend saam met Selbie Manthatha in die hof verskyn en albei is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Manthatha word aangekla van korrupsie. Malema het buite die hof ʼn beroep op sy ondersteuners gedoen om seker te maak dat president Jacob Zuma nie weer tot leier verkies word tydens die ANC se verkiesingskonferensie in Desember nie. Malema het daarop aangedring dat hy onskuldig is. “Ons is bereid om elke vraag te beantwoord…Ons steeks niks weg nie.”

Vier van Malema se sakevennote is Dinsdag op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Hulle word aangekla van bedrog, korrupsie en geldwassery. Malema en sy medebeskuldigdes sal weer op 30 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.