Malema-kunswerk vir uitstalling geweier

Julius Malema

Alta Bonnet, ʼn 17-jarige hoërskoolleerling van Bloemfontein, se kunswerk van Julius Malema mag nie by die Bloemskou uitgestal word nie, omdat dit glo “te polities” is.

Bonnet beeld Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, uit as ʼn “fat cat” op die soustrein, het Beeld Dinsdag berig.

Bonnet het gesê sy was aanvanklik verras en vies toe die skou se organiseerders haar kunswerk verban het, maar dat sy nou daaroor kan lag.

Sy het gesê die organiseerders was dalk ʼn bietjie te “uptight”. “Hulle het vir my kunsonderwyser gesê dit is te polities,” het Bonnet gesê.

Sy het die kunswerk geverf as deel van ʼn klasprojek om “littekens in die samelewing” uit te beeld.

Elmarie Prinsloo, Bloemskou se hoof uitvoerende beampte, het gesê die skou is ʼn familiebyeenkoms en dat omstrede kunswerke mense mag ontstel. Sy sê voorts twee ander kunswerke is ook afgekeur omdat dit te gewelddadig was.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yolande ·

Die kunswerk is vanoggend op “The complimentary breakfast show” geplaas, dit is geskilker nie geverf nie en ek moet sê, sy is baie talentvol. Dit is jammer die skou wil dit nie uitstal nie maar gelukkig het ons vandag socila media wat dit 10 000 keer meer blootstelling gee.

Yolande ·

Sjoe laat ek liewer myself korregeer, daai vorige plasing is vol spel en tik foute! Die kunswerk is vanoggend op “The complimentary breakfast show” op facebook geplaas, dit is geskilder nie geverf nie en ek moet sê, sy is baie talentvol. Dit is jammer die skou wil dit nie uitstal nie maar gelukkig het ons vandag social media wat dit 10 000 keer meer blootstelling gee.*** :)

Paul Joubert ·

Indien dit uitgestal is, het dit waarskynlik nooit die media gehaal nie. Juis omdat dit afgekeur is, weet tienduisende mense nou daarvan.

Dis wat altyd gebeur indien iets verban word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.