Malema: ‘Laat Zuma se beeste vir hom stem’

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Pres. Jacob Zuma het vir homself ʼn duur swembad laat bou terwyl baie Suid-Afrikaanse gemeenskappe nie basiese dienste ontvang nie, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Woensdag gesê.

“Julle het nie water, elektrisiteit, huise of skole nie maar Zuma het R2,8 miljoen gevat en ʼn swembad gebou,” het Malema aan inwoners van Makapanstad gesê wat Woensdag by die Moretele-munisipaliteit se kantore in Noordwes betoog het. “Julle het nie water nie maar Zuma swem in ʼn swembad van R2,8 miljoen en julle het niks. Hulle [ANC-ondersteuners] gaan na julle kom en vra vir julle stem sodat Zuma meer swembaddens kan bou. Sê vir hulle dat Zuma se beeste, wat ʼn kraal van R1 miljoen het, vir hom moet stem.” Malema het ʼn beroep gedoen op inwoners om aan te hou betoog tot daar aan hulle eise gehoor gegee word. “Moenie skaam wees nie, gaan voort om te betoog en ons sal julle ondersteun. Selfs wanneer julle ons in die toekoms nodig het sal die EFF by julle wees.” Hy sê die EFF is “die enigste werklike alternatief” en dat die res mickey muise is. “Dit is hoekom hulle ons probeer keer om parlement toe te gaan want ons sal die waarheid ontbloot. Dit is die enigste organisasie wat die waarheid praat.” Malema het ook uitgevaar teen die polisie na die onlangse betogings waar betogers doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Haggy ·

Nothing new.
Zuma is a Zulus.
His forefathers stole cattle from the Xhosas
He steals from his voters

Anel ·

Laat diegene sonder breine vir die ANC en die EFF stem. Dis in elk geval hoe ons land regeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.