Malema-lasbrief bevestig

Julius Malema se regsverteenwoordigers het pas bevestig hulle is bewus van die lasbrief vir sy inhegtenisname.

City Press berig Malema se regsverteenwoordiger, Nicqui Galaktiou van Brian Kahn Prokureurs, het gesê hulle het bevestiging van owerhede ontvang dat die lasbrief uitgereik is, maar het dit nog nie ontvang nie.

“Ons sal heel waarskynlik eers teen die einde van die naweek die lasbrief kry. Ons is besig om die hofverskynings van volgende week te bespreek,” het sy aan die koerant gesê.

Na wat verneem word, moet Malema volgende week in Pretoria en in Polokwane in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, geldverduistering en bedrog. Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die ANC Jeugliga verskeie sakemanne van Limpopo gehelp om tenders te wen. Dit is nog nie bekend of Malema tronk toe gestuur gaan word voor hy in die hof moet verskyn nie.

Malema het aan die koerant gesê hy is nie van die lasbrief bewus nie en sal sy samewerking gee as daar teen hom opgetree word. ʼn Bron na aan Malema sê egter hy is van die situasie bewus en wag vir verdere besonderhede. Lees meer hier.

Maroela Media het vroeër vandag berig Solidariteit gaan vandag ʼn verslag aan die Valke oorhandig om hulle met hul ondersoek teen Malema by te staan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.