Malema moet ‘voorberei om geskors te word’

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, moet hom voorberei om uit die regerende party geskors te word, aldus verskeie koerantberigte Donderdag.

Die Star berig dat Malema skuldig bevind is op die aanklag dat hy die ANC in oneer gebring het. Die koerant sê volgens sy bronne sal die voorsitter van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, voorstel dat Malema vir ʼn jaar uit die party geskors word. Die ANC sal om 10:00 Donderdagoggend ʼn openbare aankondiging maak rakende Malema en van sy kollegas se lot. Business Day het ook berig dat Malema vir ʼn jaar geskors kan word. Malema sal wel appèl kan aanteken teen die beslissing. Malema en vyf van sy kollegas is daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.