Malema: Myne sal genasionaliseer word, stryd nie teen wittes

ANc-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: SAPA

ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sê die nasionalisering van myne is ʼn afgehandelde saak en dat die regerende party besig is om ʼn studie te doen oor ʼn gepaste model.

Malema het Dinsdag aan studente van die Universiteit van Limpopo se Turfloop kampus, gesê nasionalisering is reeds afgehandel en dat hy nie kan verstaan hoekom die regering sê hy is besig om die moontlikheid daarvan te ondersoek nie. Male ase uitspraak kom kort nadat president Jacob Zuma aan sakelui gesê het nasionalisering is nie die beleid van die ANC nie. Intussen berig Beeld dat Malema ook gesê het die ANC-jeugliga se stryd is nie teen witmense nie maar dat witmense deel is van die stryd. Hy het ʼn beroep gedoen op witmense om met hulle te deel. Hy sê witmense besit 90% van die grond in die land en dat as hulle Christene was hulle nie ʼn probleem daarmee sou gehad het om te deel nie. Malema se tugverhoor voor die ANC word Donderdag hervat. Hy en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Studente op die kampus het “Skiet die boer” gedreunsing terwyl hulle vir Malema gewag het. Hy het nie die liedjie gesing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.