Volgens die weekblad het die Ratanang familietrust, wat deur Malema gestig is, aandele in die maatskappy On-Point Engineering. Die maatskappy is glo deur Limpopo se departement van vervoer uitgekontrakteer om die eenheid oor te neem wat verantwoordelik is vir die beplanning, kontraktering en oorsig van padwerke. On-Point Engineering is na bewering uitgekontrakteer om die eenheid vir drie jaar oor te neem teen ʼn koste van R52 miljoen. Volgens die berig beteken dit dat Malema minstens ʼn indirekte invloed het rakende aan wie daar tenders toegeken word uit ʼn driejaar-begroting van minstens R4,6 miljard. Malema, On-Point Engineering en die departement van vervoer het die bewerings ten sterkste ontken. City Press het onlangs die bestaan van die Ratanang familietrust bekendgemaak en ook beweer dit word gebruik vir korrupte tenderprosesse.
Malema na bewering betrokke by korrupte tenderprossese
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Malema moet wakkerskrik, regtig. As jy uitgevang is, is jy uitgevang.